[Sakeliga op RSG Plus] Sakeliga takel munisipale verval in die howe - vestig nuwe regspraak

Nov 8, 2022 · 24m 25s
[Sakeliga op RSG Plus] Sakeliga takel munisipale verval in die howe - vestig nuwe regspraak
Description

Tian Alberts (regsbeampte by Sakeliga) gesels op RSG oor gebeure op regsgebied waarby Sakeliga tans betrokke is. Sakeliga voer tans verskeie hofsake en is veral betrokke by sake waar daar...

show more
Tian Alberts (regsbeampte by Sakeliga) gesels op RSG oor gebeure op regsgebied waarby Sakeliga tans betrokke is. Sakeliga voer tans verskeie hofsake en is veral betrokke by sake waar daar beoog word om munisipale hervorming te bewerkstellig.

Sakeliga het byvoorbeeld in 2021 ʼn sogenaamde “spesiale betaalmeester”-hofsaak in Noordwes aanhangig gemaak. Die doel van hierdie saak is om ʼn onafhanklike ouditeursfirma as sogenaamde “spesiale meester” aan te stel om seker te maak dat alle gelde vir invorderings en heffings vir kritieke dienste soos water en elektrisiteit aan verskaffers betaal word.

Sakeliga het onlangs ook die hooggeregshof in Mahikeng genader en regshulp is toegestaan in die hofaansoek oor die krisis in Lichtenburg en Coligny in die Ditsobela-munisipaliteit. Die uitspraak is deel van ʼn hofsaak waarmee Sakeliga en ander partye gemeenskappe se rol by die herstel van watervoorsiening ordelik wil versterk.

Sakeliga is verder ook betrokke by ʼn saak teen Eskom. Duisende boere en ondernemings regoor die land wat hul krag direk by Eskom aankoop, word nou ook deur sogenaamde "strafkrag" getref en Sakeliga het weer toegetree om die betalende eindverbruikers van krag te beskerm.

Bron: https://www.rsgplus.org/

Sakeliga tackles municipal decay in the courts – establishes new case law

Tian Alberts (legal officer at Sakeliga) talks on RSG about developments in the field of law where Sakeliga is involved at present. Sakeliga currently is driving several court cases and is in particular involved in cases aimed at bringing about municipal reform.

So, for example, in 2021 Sakeliga launched a so-called “special paymaster” court case in North West. The aim with this case is to appoint an independent auditing firm as so-called “special master” with a view to ensuring that all moneys for collection and levies for critical services such as water and electricity supply are paid to suppliers.

Sakeliga recently also approached the high court in Mahikeng and relief was granted in the court application concerning the crisis in Lichtenburg and Coligny in the Ditsobela Municipality. The judgment forms part of a court action by means of which Sakeliga and other parties wish to enhance the role of communities in restoring water supply in an orderly manner.

Sakeliga also is involved in a case against Eskom. Thousands of farmers and businesses across the country who buy their power directly from Eskom are now being hit with so-called “punish power” and Sakeliga again has intervened to protect the paying end-users of power.

Source: https://www.rsgplus.org/
show less
Information
Author Sakeliga
Organization Sakeliga
Website -
Tags
-

Looks like you don't have any active episode

Browse Spreaker Catalogue to discover great new content

Current

Podcast Cover

Looks like you don't have any episodes in your queue

Browse Spreaker Catalogue to discover great new content

Next Up

Episode Cover Episode Cover

It's so quiet here...

Time to discover new episodes!

Discover
Your Library
Search